Kragtige denke vir elke dag (eBoek): 365 Dagstukkies

Kragtige denke vir elke dag (eBoek): 365 Dagstukkies
ISBN-10
1415326959
ISBN-13
9781415326954
Category
Religion
Pages
384
Language
Afrikaans
Published
2013-12-01
Publisher
Struik Christian Media
Author
Joyce Meyer

Description

Kragtige denke vir elke dag is gebaseer op Joyce Meyer se topverkoper Verstaan die krag van jou denke. Dit bied 365 dagstukkies wat lesers sal help om die krag van hule denke en woorde te verstaan en te implementeer. Ons het die krag en die vermoë om die wyse waarop ons dink en praat te beheer. Dit is nie genoeg om op te hou om negatiewe dinge te sê nie, ons moet ook begin om positiewe dinge te verklaar. Ons moet ons gedagtes in ooreenstemming bring met God se Woord en dit uitspreek as ’n daaglikse belydenis. So kan ons negatiewe denke oorkom – deur ons gedagtes te rig op die positiewe dinge in God se Woord. Kragtige denke vir elke dag sal jou help om presies dit te doen. Hierdie kragtige dagstukkies is nie bedoel om net gelees te word nie, maar om gebruik te word: • Maak elke dag tyd om die daaglikse Skrifgedeelte en oordenking te lees • Memoriseer die positiewe verklaring by elke dagstukkie • Maak dit deel van jou belydenis deur die loop van die dag Kragtige denke vir elke dag voorsien jou van lewensveranderende waarhede direk uit God se Woord wat jy deel kan maak van jou gedagtes en elke dag van die jaar oor jou lewe kan verklaar. Oordink daardie waarhede deur die loop van jou dag en jy sal meer positief begin dink, praat, optree en selfs voel, namate jy kies om jou lewe elke dag te geniet.

Similar books